Na afloop van die semifinale wat gehou is Maandag en Dinsdag sal Witteberg se 1ste meisies, 1ste seuns en 2de meisies Saterdag (03/06) deelneem by Voortrekker aan die Oos-Vrystaat hokkie finaal. Maandag het Witteberg se 1ste seuns hulle semifinaal gehad teen Harriston en 1-0 gewen. Die 1ste meisies en 2de meisies het Dinsdag in die semfinaal teen Ficksburg gespeel. 1ste meisies wen 8-0 en tweede meisies wen 6-0. Vir die 1ste meisies en 1ste seuns is dit al wedstryd wat in hulle pad staan om deur te dring na die Vrystaatbeker.

Ons wens hierdie spanne alle sterkte toe vir Saterdag!

Kom ondersteun gerus.
08:30 – 2e meisies
09:45 – 1ste meisies
11:00 – 1ste seuns
#Hokkietrots #WittesHokkie

1ste seuns hokkie 

Voor: Kingsley Mosia

V.l.n.r Tshepang Khalane, Wihan de Villiers, Ben Grobler, Theunis Bredenkamp, Jeandré van Niekerk, Handré Linström, Janco Botha (O/Kaptein), Dale Craig Cochrane (Kaptein), Joël Opperman, André Kühn, Heinrich Deyzel, Fanie Mofokeng, Samukelo Mokgosi, Tshepo Khalane.

1ste meisies:

Van voor links; Melissa Ackeer, Niché Odendaal, Annika Janse van Rensburg, Catelen Briedenhann, Nadja Fourie

Agter van links: Sune Smit, Nanna van Zyl, Izelke Craven, Nepo Serage, mnr. Magnus Buys, Marune McPhail, Marsica Miles, Lene Marais, Leone Lubbe, Caryn van Huyssteen, Zilke Heyns, Alicia Clack