Ons is baie trots op die leerlinge van Hoërskool Wilgerivier wat in vanjaar se Wintersportseisoen die een segetog na die ander behaal het.

Die volgende statistiek getuig hiervan:

HOËRSKOOL NETBAL:

Die Eerstespan wen vanjaar die Fezile Dabi-liga en dring sodoende deur na die Vrystaat Kampioenskap!

In vriendskaplike wedstryde teen Voortrekker se eerstespan en Welkom-Gimnasium se eerstespan verpletter die Wilgies dié “groot” skole met tellings van:

Voortrekker:      30-28

Gimnasium:       49-34

Hierdie span het vanjaar skitterspel opgedis ter wille van die skool en hulle borg, wyle MNR. DOUW WENTZEL!

Foto:

Agter vlnr:  Me. Leandri van den Berg (afrigter), Bianca Tatarova, Mareli Müller, Rezé Grobbelaar, mnr. Hennie Pelster (skoolhoof), Esthie van Heerden (kaptein), Minke Wilkinson, Gugu Mochela en me. Lizanne Müller (hulp-afrigter).

Voor vlnr:  Elsjé Giliomee, Louna Jacobs en Elzaan Lubbe.