FAURESMITH UITHOURIT

Op 3 Oktober gaan twee Wilgies die Vrystaat verteenwoordig by die

Interprovinsiale perde uithourit oor 80km by Fauresmith.

Izak Hattingh is lid van die Vrystaat Jongruiterspan, terwyl Drikus Hattingh

die Vrystaat verteenwoordig in die Kinderruiterspan.  Die kompetisie word

gehou onder die vaandel van die Suid-Afrikaanse Nasionale Equistrian Skole

Assosiasie (SANESA) en spanne van al die provinsies gaan deelneem.

Daar word tans hard geoefen om perd en ruiter gereed te kry vir die

uitdaging.

Izak neem deel op Bintu Al Bahri en Drikus op Chirune Dashan, albei

Arabierperde.

‘n Vaardigheidstoets word ook afgelê waar ruiterkuns getoets word.

Baie sterkte aan dié 2 Wilgies!