FANTASMAGORIESE UITSLAE DEUR MATRIKULANTE EN PERSONEEL VAN WILGERIVIER IN 2016–EINDEKSAMEN!

Die Graad 12’s en personeel van 2016 het alle rekordboeke herskryf, want vir die eerste keer in jare is daar geen vakdruipeling nie.  Verder:

  • ‘n 100% slaagsyfer.
  • Een van die Top 25 Akademiese skole in die Vrystaat.
  • 46% kan ‘n graadkursus voltooi (36 leerlinge) – Universiteitsvrystelling.
  • 53% kan inskryf vir ‘n diplomakursus (13 leerlinge).
  • Uit ‘n totaal van 49 leerlinge word 50 A-simbole, 57 B-simbole, 73 C-simbole en 95 D-simbole behaal.

Leerlinge wat skitterend presteer het: 

Dané Oosthuizen:  6 onderskeidings:

Engels (80%), Wiskunde (93%), Lewensoriëntering (93%), Rekeningkunde (95%), Lewenswetenskap (97%) en Fisiese Wetenskap (88%).  Sy laat Afrikaans Huistaal van 76% hermerk.

Die kersie op die koek is dat Dané onder die Top leerlinge in die Vrystaat eindig en hiervoor is sy vereer by die “Well done”-funksie in Bloemfontein.  Sy het ‘n skootrekenaar, asook ‘n tablet ontvang.  Sy ontvang ‘n volle studiebeurs!  Dané is die tweede leerling wat Hoërskool Wilgerivier in 15 jaar in dié verband oplewer!  Dané, jy is  ‘n ster;  Hoërskool Wilgerivier is trots op jou!

Charlize Beyers:  5 onderskeidings:

Engels (80%), Wiskunde (84%),  Lewensoriëntering (92%), Rekeningkunde (86%) en Lewenswetenskap (84%).  Sy laat die volgende vakke hermerk :  Afrikaans Huistaal (78%) en Fisiese Wetenskap (79%).

Edihan Janse van Rensburg:  5 onderskeidings:

Wiskunde (82%),  Lewensoriëntering (92%),  Rekeningkunde (86%), Lewenswetenskap (92%) en Fisiese Wetenskap (84%). Hy laat Afrikaans Huistaal (78%) hermerk. 

Leerlinge met 3 onderskeidings:

Suné Roberts:           LO,  Toerisme en Verbruikerstudie.

Ockert Struwig:       LO,  Ingenieursgrafika & -ontwerp en Geografie.

Leerlinge met 2 onderskeidings:

Corlia Bothma:       LO en Wiskundige Geletterdheid.

Cobus Eramsus:       LO en Ingenieursgrafika & -ontwerp.

Elane Keevé:           LO en Lewenswetenskap

(Hermerk : Wiskunde (78%),  Rekeningkunde (76%)  en  Besigheidstudie (79%).

Marinda Mouton:    LO en Wiskundige Geletterdheid.

Bert van Wyk:         LO en Ingenieursgrafika & -ontwerp

(Hermerk : Wiskunde (78%).

 

Vakonderskeidings:

Lewensoriëntering:  23

4 – Lewenswetenskap

3 – Wiskunde

3 – IGO

1 – Geografie

1 – Verbruikerstudie

 

Vakonderskeidings:

6 – Wisk. Geletterdheid

3 – Engels

3 – Rekeningkunde

2 – Fisiese Wetenskap

1 – Toerisme

 

Alle eer aan ons Hemelse Vader vir dié puik leerlinge en onderwysers van Hoërskool Wilgerivier, sonder wie bogenoemde nie sou gerealiseer het nie.

Al die personeel is dit eens dat dit baie werk, sweet, trane, energie, toewyding en dryfkrag geverg het, maar die resultaat was vreugde en dankbaarheid.

Volgens Della Claassen en Christiaan Muller (Hoofleiers van 2016), bestaan die lewe in kort uit geboorte, doop, skoolgaan, aanneming, Senior Sertifikaat, verdere opleiding, trou, ens.  Volgens hulle het alles sy tyd – nou is dit tyd om minder afhanklik die grootmenswêreld aan te pak.

Dané Oosthuizen sien die lewe as ‘n verhaal waarin elkeen die kans het om sy verhaal te vertel – ‘n verhaal wat jy nooit sal vergeet nie;  ‘n verhaal wat altyd deel van jou sal wees.

Met die aanhoor van hulle uitslae het die Graad 12’s gejuig, want hulle is beloon omdat hulle bereid was om grense oor te steek deur baie hard te werk.

Ockert Struwig sien die doel van die lewe daarin dat:

  • Die reis net so belangrik soos die bestemming is.
  • Die werklikheid anders is as wat jy gedink het.
  • Jy altyd bereid moet wees om te luister.
  • Die lewe ‘n reis is waarin elkeen die hoofkarakter is.
  • Almal verganklik is, want elkeen se verhaal het dieselfde einde.

Hoërskool Wilgerivier is trots op die puik akademiese prestasies deur die KLAS VAN 2016!

HOËRSKOOL WILGERIVIER  :  DIE INTELLIGENTE KEUSE!

Hoërskool Wilgerivier
Hoërskool Wilgerivier
Hoërskool Wilgerivier