Die eerste Skietkompetisie, gehou 26 en 27 Februarie 2016, by Hoërskool Upington het die skuts baie goed gevaar.

Francois du Plessis het deelgeneem in die Onder 16 (10m) Staan Sportergeweer en die drie-posisie Sportergeweer en daar onderskeidelik silwer en goud verdien. Waar Elné du Toit `n brons verower in die Onder 16 (10m) Staan Sportergeweer. Paul van Zyl verower `n silwer in die Onder/21 (10m) Veergeweer , waar Rian Loots weer `n silwer ontvang het in die Onder/16 (10m) Veergeweer.

Tydens die tweede skietkompetisie wat op 15 en 16 April by Prieska gehou is, het die Uppie skuts goed gevaar.

In die Onder/16 (10m) Sportergeweer afdeling kry Elné du Toit goud  en Francois du Plessis silwer.

In die drie-posisie vir Onder/16 Sportergeweer kry Elné du Toit goud en Francois du Plessis brons.

In die Onder/21 (10m) Veergeweer afdeling kry Paul van Zyl silwer.

In die B15 lugpistool afdeling kry Quinette van Niekerk `n brons.

Baie geluk ons is trots op jul prestasies.

FOTO BO:  Quinette van Niekerk, Francois du Plessis, Paul van Zyl, Rian Loots en Elné du Toit