RUITERKUNS: MARLÉ HOFT PRESTEER IN VSA

Marlé Hoft, ‘n gr 11-leerling van Hoërskool Upington, het as lid van die senior Protea 3 gang Ruiterkunsspan in die VSA gaan deelneem.

Die Protea 3gang Ruiterkunsspan verwerf dan ook tydens die geleentheid die silwer medalje. Die ander lande betrokke, was Kanada en VSA.

Die Protea Ruiterkuns spanbestuurder, Me Lynette Gerber, het Hoërskool Upington geluk gewens met Marlé se onberispelike gedrag en haar groot passie vir die sport. Volgens Me Gerber het Marlé Suid-Afrika met trots verteenwoordig en haar uitstekend van haar taak gekwyt.

Hoërskool Upington is ook ongelooflik trots op Marlé en haar pragtige prestasies en wens haar baie sterkte toe vir die toekoms.

Foto’s: Marlé Hoft, lid van Senior Protea Ruiterkunsspan, wat in VSA deelgeneem het

Marlé Hoft, in aksie in die VSA.