Die volgende leerders van Hoërskool Sentraal in Bloemfontein se eerste bergfietsryspan het 6 – 7 Oktober aan die Nasionale Kampioenskappe in Megaliesburg gaan deelneem. Dit is die eerste keer dat Sentraal deurdring as skool om op  Nasionale vlak deel te neem.

v.l.n.r  Stian Schoeman, Etienne Burger, Johann Coetzee, Marco Reitz, Hercules Nel, Chanté Olivier ( Sy behaal ‘n 1e plek en kry die trofee vir beste Sub-junior dogter bergfietsryer in die land)