Baie geluk aan Nielbert  Mostert van Hoërskool Sentraal  in Bloemfontein en sy loots, Carlyle Stewart se prestasies by die 2017 Nedbank Nasionale Kampioenskappe vir fisies – en siggestremdes tydens die April vakansie in Port Elizabeth.

Hulle het deelgeneem aan Para – fietsry en die volgende prestasie behaal:

500 m  58:60 (Goud)

2000m 3:33.63 (Goud) SA record

Tydtoets 7.2 km 14:18.16 (Goud)

Padwedren 30:14.64 (Goud)

Nielbert het ook aan die Para – atletiek deelgeneem:

400 m 01:15,5 (Goud)

800 m 02:57,6 (Goud)

Verspring 3,67 (Goud)

Nielbert behaal ook die Hein Wagner prys vir die belowende blinde of swaksiende atleet tydens die Nasionale Kampioenskappe.

Baie geluk Nielbert Sentraal is trots op jou.