Baie geluk aan die volgende leerders van  Hoërskool Sentraal wat tydens die Suid- Afrikaanse Atletiek kampioenskappe gedurende die Maart, April vakansie presteer het.

V.l.n.r  Zaine de la Ray ontvang ‘n silwer medalje vir seuns 0/17 paalspring

Corlè van der Walt ontvang ‘n silwer medalje vir dogters 0/19 paalspring

Nie op foto nie.

Heike de Nysschen ontvang ‘n goue medalje vir dogters 0/15 spiesgooi

Christiaan Duvenage ontvang ‘n brons medalje vir seuns 0/17 paalspring