Ses landloopatlete van Hoërskool Reitz is gekies om die Oos-Vrystaat op 5 September in Bloemfonteinte verteenwoordig, tydens die Vrystaat skole kampioenskappe.  Hulle is van links:

Voor:  Aluschka Heymans (D 0/12) en Monique Claassens (D 0/13).

Agter:  Salumé Heymans (D 0/17), Jacques Heymans (S 0/15), Andené Scholtz (D 0/19) en Tienus de Wet (S 0/16).

Tydens die Oos-Vrystaatskole kampioenskappe is Tienus de Wet as die 0/16-seuns kampioen gekroon, terwyl Andené Scholtz met die brons medalje weggestap het.