Tydens die dorpsbyeenkoms van Reitz, het atlete van Hoërskool Reitz puik presteer. Die atlete wat rekord verbeter het is van links:

Voor: Aluschka Heymans (D 0/14 – 3000m Stap) en Liza-Lee Jordaan (d 0/15- Driesprong)

Agter: Kobus Steyn (S 0/14 – Hammergooi);Jacques Heymans (S 0/17 – 10 000m stap);Jandre van der Merwe (S0/14 – 400m);MT Steyn (S 0/16 -Hammergooi) en AW Meintjies (s 0/16 – 100m)

Tshepiso Mzizi, het die 0/15 rekord vir Driesprong verbeter, tydens die Reitzdorptletiekbyeenkoms.

Wiroeske de Wet, ‘n graad 9 leerling van Hoërskool Reitz, het tydens die dorpsbyeenkoms van Reitz twee rekords verbeter. Hierdie 0/14 dogter het die Gewigstoot en Hammergooi rekords verbeter.

Wiroeske de Wet