Hoërskool Reitz het vanjaar met al drie hoërskoolspanne deurgedring tot die Oos-Vrystaat A-liga finaal.  In die semi-finaal het Reitz se 0/15 afgereken met die Hoërskool Paul Erasmus 58 – 0, 0/16 Hoërskool Paul Erasmus 50 – 0 en die eerstespan afdeling met Hoërskool Vrede 12 – 10.

Tydens die finale het Hoërskool Reitz se 0/15-rugbyspan die beker verower deur Hoërskool Ficksburg te klop.  Reitz se 0/16-span het dieselfde vermag en ook Ficksburg verslaan.

Die eerste spanne se finaal was ‘n opwindende wedstryd.  Hoërskool Harrismith se gevaarlike agterlyn het Reitz hoofbrekens besorg.  Met 20 minute speeltyd oor het Harrismith 19 – 5 voorgesloop.  Reitz het egter nie gaan lê nie en teruggeveg en uiteindelik, met 3 minute speeltyd oor, het Reitz 20 – 19 voorgeloop.  Harrismith het die wendrie in die doodsnikke van die wedstryd gedruk.

Eerskomende Saterdag vind die Griffons Platteland semi-finale plaas.

1ste Hoërskool Harrismith vs Hoërskool Hennenman

0/16 Hoërskool Reitz vs Hoërskool Wessel Maree

1ste Hoërskool Reitz vs Hoërskool Bothaville

0/16 Hoërskool Ficksburg vs Hoërskool Bothaville

Volledige uitslae

0/15       Reitz – 24             Ficksburg – 17 (A-liga)

0/16       Retief – 42           New Horizon, Bethlehem – 0 (B-Liga)

0/16       Reitz – 21             Ficksburg – 0 (A-Liga)

1ste       Retief – 12          Winburg – 5 (B-Liga)

1ste       Harrismith – 26  Reitz – 20             (A-Liga)

Eerstespan puntemakers:

Harrismith:          Drieë:  Tobatsie Monareng, Francois Taljaard, Chi-Chi Chickwe x 2

Doelskoppe:  Siza Mthembu x 3

Reitz:                      Drieë:  Neil van der Merwe, Janus van Coller, Geyer Terblanche

Verdoelskop:  Neil van der Merwe

Strafskop:  Neil van der Merwe