Hanli Hammann, ‘n graad 7 leerder aan Hoërskool Reitz het puik presteer in Gymkhana.  Sy ontvang ‘n skild as beste half seksie in C-afdeling tydens ‘n Interprovinsiale byeenkoms.  Haar span wen dan ook die C-afdeling.  Hanli ontvang ook ‘n silwer medalje tydens die suid-Afrikaanse byeenkms vir half seksie swaard.