Links:  Megan de Beer van JF wen tydens die SA o/15-pluimbaltoernooi  goud in die gemengde dubbels, dogtersdubbelspel, asook dogtersenkelspel. Sy is die SA o/15-dogterskampioen.

Middel:  Tharina van der Walt van JF verower 6 medaljes tydens die drie Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe vanjaar. Sy is aangewys as die beste dogtersveldatleet by die SA Hoërskole en sy kwalifiseer vir die Atletiek Wêreldkampioenskappe. Sy is ook die Junior Sportvrou van Radio Rosestad.

Regs:  Marnus van der Walt van JF wen tydens die SA o/15-pluimbaltoernooi goud in gemengde dubbels, seunsdubbelspel, asook seunsenkelspel. Hy is die SA o/15-seunskampioen.