Tydens Hoërskool Hennenman se jaarlikse Waterkaskenades het almal, jonk en oud heerlik in die water baljaar! Groepe, aangetrek volgens tema, het mekaar op kruiwaens gestoot, “slip-en-slide” gery en mekaar uitgedaag vir toutrek.

Hier is die Platannas (graad 8’s) by die kruiwa-aktiwiteit:  v.l.n.r.: Aupa Mokeki, Hugo Freitas, Nicardo Wagenaar, Stefan Badenhorst, CJ Meyer, FC du Plessis, Kamohelo Mahloko, Crous Conradie en Anton Jacobs. Voor in die kruiwa sit PJ Groenewald. (Foto: KRUIWA)

SLIP en SLIDE - HSH 5 crop

Die “slip-en-slide” was ‘n gladde uitdaging! Hier lê die Pienk Jaguars v.l.n.r.: Roelé Bester, Jean Venter, Megan Marais, Kayla du Rand, Chanelle Mendes, Delana Gravett, Zelda Venter en Adé Bester!

TOUTREK - HSH 5 crop

Die toutrek was ‘n hoogtepunt! Hier is Chris Jacobs, Pieta Prinsloo, PJ van Wyk, Nico Venter, Mnr. Nico Els, Stefan Smit, Kopano Motsoahole, Angelo Pienaar, Stiaan Venter, Richard Badenhorst, Paul Dalton en Walt vd Walt in aksie.

DSC00033- HSH 5 crop

Die matrieks het nie op hulle laat wag nie en tussen-in bietjie afgekoel in die watertenk! Hier is v.l.n.r.:  Lee-Charné Basson, Jané Labuschagne, Michelle Grobbelaar, Niel-Hendrik Hoffman, Tarien Jacobs, Mellissa J van Rensburg, Henco Steynberg en Camilla Grobbelaar. Agter is Renske Smit en Urlike Wessels