RUGBY GRIFFONS PLATTELAND AKADEMIESPAN

Twee leerders van Hoërskool Hennenman is ingesluit in onderskeie Griffons Platteland Akademiespanne wat tydens die vakansie aan verskillende toernooie gaan deelneem. Andrew Tolmay is in die o.16-span terwyl Stefan Diniso in die o.18-span opgeneem is.