Tydens Hoërskool Hennenman se jaarlikse prysuitdelingsfunksie het dievolgende leerders die merietetoekennings (toptoekennings) van Hoërskool Hennenman ontvang:

Tarien Jacobs is aangewys as die veelsydigste graad 12-leerder en ontvang die LJ Theron Veelsydigheidsbeker. (FOTO HEEL BO)

Niel-Hendrik Hoffman was die wenner van die Kultuurtrofee.

Delmari Hoffman is aangewys as die veelsydigste sportvrou van die jaar en ontvang die Dr Bakkies du Plessis Wisseltrofee vir veelsydigste sportvrou. (FOTO ONDER)

HSH FANIE EN DELMARIE

Fanie Pretorius is aangewys as die veelsydigste sportman van die jaar en ontvang die Dr Bakkies du Plessis Wisseltrofee vir veelsydigste sportman.  (FOTO BO)

Mariska Joubert is aangewys as die Dux-leerling van Hoërskool Hennenman en ontvang die ABSA Bank Trofee vir hierdie prestasie.  (FOTO ONDER)

HSH MARISKA JOUBERT

James du Plooy en Annerie Prinsloo deel die Abraham Theron Verdienstelikheidsbeker.  (FOTO ONDER)

HSH JAMES EN ANNERIE