Roelé (links) en Adé (regs) Bester, ‘n graad 10-tweeling van Hoërskool Hennenman het aan die World Trial- danskompetisie by Sun City deelgeneem en behaal ‘n eerste en tweede plek. Hierdie was die tweede van vier kwalifiserende kompetisies om aan die einde van die jaar aan die IDO (International Dance Organisation) se Wêreldkampioenskappe in Poland en Praag deel te neem.