Op 24 Augustus 2016 het die leerders van Hoërskool Fichardtpark die voet neergesit in die stryd teen renosterstropery.

‘n Bewusmakingsveldtog is deur Die Voortrekkers – Brandkop Kommando aangebied in samewerking met 1 000 000 Footprints to Save Africa tydens die skool se kultuurweek.

Direkteur Margie Kolver en Cheryl Cook van die  1 000 000 Footprints to Save Africa veldtog het die leerders toegespreek   oor die bleek toekoms wat renosters in die gesig staar en wat die impak op ons land en erfnis sal wees indien daar nie ingegryp word nie.  ‘n Pleidooi is aan leerders gerig om saam met die jeug van Afrika te staan ter bewaring van ons natuurlewe en spesifiek dié van renosters.

Meer as 900 leerders het daarna op die pleidooi geantwoord en hul toewyding bewys deur ‘n voet- of handafdruk in verf op vlae te plaas en ook hul name daarby te skryf.

Vyf leerlinge wat aan die veldtog deelgeneem het, het in ‘n gelukstrekking wildbesigtigingsritte en ‘n Cheetah Experience gewen wat deur Emoya wildreservaat geskenk is.

Op die foto bo:

Van die wenners van die gelukstrekking geborg deur Emoya wildreservaat.

Links na regs: Haniké Steyn, Tiaan Geldenhuys, Barbara Reinecke en Jaleel Human.  Afwesig – Eric Curlewis.