Die top akademiese presteerders van Hoërskool Fichardtpark het vanjaar ‘n toer onderneem na die Oos-Kaap vanaf 17 tot 20 Augustus. Daar is ook besoek by onder andere SAMREC (SA Marrine Rehabilitation Centre) by Cape Recife afgelê. Op hierdie stadium was die organisasie juis besig om pikkewyne te red wat geraak is deur die oliestorting in Algoabaai. Die Fichies het besluit om die reddingspoging te ondersteun deur ou handdoeke uit hul gemeenskap in te samel. DSV Distribution (Bloemfontein-tak) het hierdie poging ondersteun en onderneem om die handdoeke gratis by SAMREC in Port Elizabeth af te lewer.

Op die foto bo:

Voor: D. Grabe, L. van Eyk, X. Wesenaar, A. Niemand en S. Ackerman

Middel: R. van Huyssteen, M. Oberholzer, R. Ferreira en C. Hugo

Agter: Mev U. Myburgh (onderwyseres , Mej A. van Eck (onderwyseres), Mnr M. Barker (Skoolhoof) en Mnr P. Rossouw (Verteenwoordiger van DSV Distribution)