Bothaville Hoërskool spog vir die 23 ste jaar agtereenvolgens met ʼn 100% slaagsyfer toe al 68 matrieks met vlieënde vaandels geslaag het.  Baie geluk aan elke matrikulant en hul ouers met hierdie pragtige uitslae, ons is baie trots op elkeen van julle.  Baie geluk en dankie ook aan elke personeellid vir u toegewydheid en leiding aan die kinders.

Baie dankie aan ons Skepper wie se Genade en Liefde vir ons onuitspreeklik groot is. Baie dankie ook aan ons gemeenskap vir u volhoubare ondersteuning en gebede, ons waardeer dit opreg.

Die STATISTIEKE rondom die UITSLAE is as volg:

AANTAL KANDIDATE                               =          68

AANTAL VAKONDERSKEIDINGS           =          90

AANTAL VRYSTELLING                          =          80,88 %

AANTAL LEERLINGE MET GEM. A        =          7

NAME VAN LEERLINGE MET GEMIDDELD A (aantal vakonderskeidings tussen hakkies) Phillip Barnard(5), Micaela de Caires(8), Charl de Waal (5), Henno Dreyer (4),Lize Mey (5), Norman Payne (7), Ilana van Deventer (6).  Die volgende leerlinge het ook besonder goed presteer met 3 of meer onderskeidings:  Ruandré Coetzee (3), Casper Cordier (3), Michané de Jager (3), Tshepang Tsunke (3).

VAKKE MET AANTAL ONDERSKEIDINGS TUSSEN HAKKIES.

LO(41),

AFR(3),

ENG(8),

WISK(7),

WISK GEL.(4),

FISWET.(4),

REKENINGKUNDE( 8),

LEW WET(7),

BESIGHST(2),

IGO(5),

ALPHA WISKUNDE (1).

ʼn Spesiale woord van gelukwense aan Micaela de Caires wat met 8 onderskeidings slaag. Sy handhaaf ʼn gemiddeld van 95,29% en is sewende in die Vrystaat.

Die skool is deur die Onderwysdepartement vereer onder die TOP 50 skole in die Vrystaat.

Die gemeenskap van Bothaville kan met reg trots wees op hul skool en sy leerlinge.