Hanli Hammann, ‘n graad 6 leerling van Hoërskool Reitz, het op 18 en 19 Maart aan ‘n Uithourit te Bethlehem deelgeneem.  Hierdie ruiter het op haar jong ouderdom alreeds tekens van ‘n mooi toekoms vir haar, in hierdie sportsoort getoon.  Sy eindig op Vrydag, 18 Maart as kinderruiter 2de (haar tyd as junior ruiter is kwalifiserend – maar sy is nog te jonk) en op Saterdag, 19 Maart eindig sy 3de as kinderruiter.