Een van die jaarlikse hoogtepunte op die kalender, is die ATKV-Tienertoneel wat in Augustus plaasvind.
Verlede jaar het meer as 3000 hoërskoolleerlinge in 180 produksies deelgeneem aan hierdie gesogte kompetisie.
In 2016 het Durbanville Hoërskool weggestap met die goud. Hulle het R30 000 kontant ontvang, sowel as die ATKV-Tienertoneelwisseltrofee. Die tweede prys is R20 000 en die derde prys is
R10 000.

ATKV-Tienertoneel is ’n nasionale kompetisie vir hoërskoolleerders en die doel van hierdie kompetisie is om ‘n liefde vir Afrikaanse toneelspel by hoërskoolleerders te kweek sodat
leerders hulle eie kreatiwiteit en talente daardeur kan ontgin en ontwikkel.
Met ATKV-Tienertoneel word elke regisseur aangemoedig om die leerders soveel geleenthede as moontlik te gee om by al die aspekte van die projek betrokke te raak, met ander woorde by die regie, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie, ensovoorts.

Indien daar 10 of meer produksies in die streek is, sal die streekkompetisie vanaf 7 tot 12 Augustus in die Wynand Mouton-teater in Bloemfontein gehou word. Die finaal word aangebied by die Kunstekaap-teater, in Kaapstad vanaf 5 tot 7 Oktober 2017.

Vanjaar hoop Grey Kollege vir goud en die akteurs het reeds met repitisies begin. Die teks is geskryf deur Hanro Cloete en die regie sal deeur Me. Mia-Anne O’Kennedy en Hanro Cloete hanteer word.
Die akteurs wat rolle gekry het is: Rupert Bronkhorst, BJ Vorster; Berlou Myburgh; Jacques Lotriet, Tristen Bruyns; Louis Van Wyk, Jaco-Lou Bierman; Louis Theron; Eric Diswane en Jone Roberts (Eunice).