Die Gimmies is baie trots op Greame Erasmus in graad 11.

Op 16 Januarie 2016 behaal Greame `n 1ste plek as junior seun in die 110 km tydens die Vrystaat Pad Kampioenskappe.

Die Vrystaat Time Trail Kampioenskappe vind op 17 Januarie 2016 plaas en tydens die 25 km, behaal hy nog `n 1ste plek.

Dus is Greame in twee items die Vrystaat Junior Kampioen. Wat sy prestasies merkwaardig maak is die feit dat hy sy been in 2015 gebreek het en nooit moed op gegee het nie. Wel gedaan Greame, jou veggees inspireer ons.

Die foto is geneem voor die bord met Suid-Afrikaanse deelnemers uit Welkom-Gimnasium. Die kans is goed dat die naam van Greame Erasmus nog op die bord geskryf gaan word.