Gimmies se 1ste Netbalspan is die ligawenners vir 2016 asook die Lejweleputswa streekwenners.

Met ‘n oortuigende wen van 35-26 oor Rainbow het die span vanmiddag gewys dat hulle die pas aangee. Die entoesiasme en spangees is iets wat die oog vang.

Baie geluk aan die afrigters mej. Lizelle Janse van Rensburg en mev. Carla Scholtz. Julle weet beslis hoe om die span te motiveer en die beste uit hul te haal.

Ons is baie trots op julle.