FNB Classic Clashes

Dit is hier!!!! Die FNB Classic Clashes

Noem dit wat jy wil…Klein Interjol, Interskole, Die Groot Stryd….die feit bly staan – een van die hoogtepunte op vanjaar se sportkalender vind die komende naweek plaas,

Die Klein Interjol, soos ons dit ken, tussen Hoërskool Upington en Hoërskool Duineveld vind Saterdag, 14 Mei, plaas op HU se sportgronde. Kom so vroeg as moontlik en kyk hoe kinders op ‘n gesonde manier sake op die sportgrond uitsorteer.

Die sport begin so vroeg as 08:00 en as u goeie parkeerplek wil hê, moet u vroeg oggend kom.  Vergeet van ontbyt by die huis en kom geniet die pannekoek, worsbroodjies en vele meer wat aan u voorgesit gaan word.  Indien u die laatmiddag son wil vryspring, bring u seilstoel en kies ‘n lekker plekkie waar u die heerlike dag kan deurbring.

Parkering is by die skool , maar daar sal ook wagte by Gordonspark se parkeergebied wees as u dalk daar wil parkeer.

Kom geniet die dag saam met ons help daardeur ook vir Hoërskool Upington vier aan die ‘n ongelooflike mylpaal – bestaan van 120 jaar!!!!

Ons sien uit daarna om u by hierdie feesjaar te verwelkom by ons pragtige skool en glo dat almal ‘n heerlike dag van sport sal geniet.

Onthou: Victory is reserved for those who are willing to pay its price