Simoné Färber  (Meisies o/17)  van JF het aan die SA Nasionale Padfiets en Tydtoets Kampioenskappe in die Paarl deelgeneem. Sy het tydens die byeenkoms ‘n 2de plek (Silwer) in die tydtoets en ‘n 2de plek (Silwer) in die padwedren behaal.