Fichies is die eerste laerskool in Bloemfontein wat Fast-Five netbal aanbied.  Dit was ‘n reuse sukses en die spelers het dit sommer baie geniet.  Fichies se 0/13 Netbalspelers sluit hulle seisoen af op ‘n hoë noot.  Fichies wen nie net die toernooi nie, maar het definitief die beste gees tydens hulle wedstryde.  Baie geluk met hierdie uitmuntende prestasie.