Dit is vir Fichardtpark Primêre Skool baie lekker om al die nuwe Graad 1’s by Fichies te verwelkom.  Die nuwe graad 1’s het reeds in 2015 n draai by hul graad 1 klasse gemaak.  Dinsdagaand, 12 Januarie het hulle en hulle ouers reeds al hulle goed vir nuwe jaar kom uitkom.

GRAAD 1 2016 2                              GRAAD 1 2016 3

Gedurende die saalperiode Woensdagoggend, 13 Januarie is hulle verwelkom by die skool deur die skoolhoof.  Fichardtpark Primêre Skool het n tradisie dat al die nuwe leerders klok lui op hul eerste skooldag by Fichies.  Die tradisie is ook met groot glimlagte voortgesit.