Fichies bied Sewes-Rugby (onderleiding van Mnr. Herbie Miles) aan.  Die toernooi is baie sterk ondersteun deur Mnr. Neil Powell (SA-afrigter van Sewes-Rugby) en Mnr. Dirk Opperman (Hoofborg- Makomota Stone).  Die toernooi was ‘n reuse sukses met deurlopende wedstryde, lekker musiek, Fichie-voetjie pom-poms en positiewe ondersteuning vir al die spanne.  Fichies se 0/13 Rugbyspan het tweede in die toernooi geëindig.  Knap gedaan!