Fichies se VCSV-GLOW het behoorlik geskitter saam met Sonja Herholdt & Tjokker wat kom kuier het. Oud en jonk het gelag, gedans, gesing en die Here uit volle bors geprys. Fichies se mikpunt is dat die maatjies geestelik moet groei met Jesus as hulle wenpaal.

‘n Gedeelte van die wins word geskenk aan oud-leerder Ignus Rocher en verder word die geld aangewend vir  eestelike groei in Fichies se leerders.