Fichies het die grootste groep Landloop-atlete. Juffrou Sanmari van der Berg (Afrigter) se entoesiasme en liefde vir die sport is baie aansteeklik.  Die atlete oefen baie hard en het baie goeie deursettingsvermoë . Hulle is baie entoesiasties tydens die voorbereiding vir die kwartaal se ligas. Hulle neem verskillende Vrydae aan ligas deel en doen sover baie goed. Ons hou styf duimvas vir die atlete. Hou bene hou!