Fichies was baie opgewonde oor hulle verjaarsdag-maatjie. Juffrou Madelyn van Wyk (Graad R-hoof) het verjaar en die Graad R’e se gesiggies het gestraal van opgewondenheid. Die maatjies het vir haar ‘n erewag gestaan met kleurvolle linte in hulle hande. Op die noot van lekker musiek het die maatjies “Veels geluk liewe juffrou” gesing en lekker hande geklap. Al vier die klasse het baie unieke en spesiale kaartjies gemaak van hulle vingerafdrukke wat omskep is in individuele mannetjies.

Mag die Here juffrou nog lank vir Fichies spaar.