Fichies spog met die eerste twee plekke in die Vrystaat.  Karla Visser (Graad 5) en Lisa Botha (Graad 4) het uitstekend gepraat tydens die ATKV halfeind-ronde. Gaan op 10 Augustus in Goudini optree tydens die landswye finaal.

Die ander leerders het ook baie goed gevaar.  Carlise Botha (5de) en Lourens van Niekerk (5de).  Baie geluk!

Juffrou Emsie Lloyd (Afrigter) sien ‘n blink toekoms vir Fichies se redenaars.  Julle hou Fichies se naam hoog.