Fichies se eerstespan-netbal is uitgenooi na Wildeklawer-Netbaldag wat in Kimberley plaasgevind het. Fichies se span het derde in hulle eie poel geëindig en ‘n algehele negende plek behaal het. Net die top skole word na die toernooi uitgenooi. Juffrou Anita Chad (afrigter) is baie trots op hulle speltegniek en positiewe gesindheid. Die span is ‘n eenheid en floreer op die liefde vir die sport.

Foto se name
Kloksgewys van links bo:
Carrissa Erasmus, Ingrid Hepburn, Alicia van der Merwe, Madenie Maree, Joné van der Walt, Juanita Kruger, Nicolé Taljaard, Kate-Lynne Grobelaar, Sunélca McMahon