Die Graad R’e het dit goed gedink om by die projek “Streetstore”   betrokke te raak en ou-klere in te samel vir minder bevoorregte mense.  Die Graad R-maatjies het gewoeker met die projek en sommer sakke-en-sakke vol klere geskenk vir die skool.  Baie dankie vir almal wat bygedra het tot die projek.  Fichies maak definitief ‘n positiewe verskil in die gemeenskap.