Die Graad Re se Tema was vervoer en wat ‘n beter manier om dit uit te beeld as om ‘n inry met bokskarre te hou, springmielies te eet en ‘n na ‘n fliek te kyk.  Elke leerder het ‘n geleentheid gekry om saam met sy/haar ouers ‘n bokskar by die huis te bou.  Die karre was groot, klein, lank, kort en sommige karre was vreeslik oorspronklik. Die Graad Re geniet elke jaar hierdie oulike en gepaste projek.