Fichies se Voortrekkers was onlangs op ‘n swemuitstappie na Lettie Fouché. Hulle het dit omtrent geniet en het heelmiddag in die water geplas. Mnr. Michael van der Walt het die voortrekkers bietjie geleer swem en dit was sommer baie opvoedkundig vir die kleingoed.