Die o/12 A netbalspan van Fichardtpark Laerskool het op Saterdag, 25 Julie aan die Suid-Afrikaanse Skole Netbal Kampioenskappe by Waterkloof deelgeneem.  Hulle het hulself baie goed van hul taak gekwyt.

Hulle wen 4 wedstryde,  verloor 2 en speel 1 gelykop.  Hulle eindig 9 de in die kompetisie waar 20 skole deelgeneem het, van regoor Suid-Afrika.

Fichies is voorwaar trots op die kinders en hul afrigter.