Fichies se kunssentrum (Onderleiding van Mnr. Jacques Terblanche) se kunsprojekte is jaarliks uit die boonste rakke. Baie geluk aan Lana van Schalkwyk, Simoné Botha, Jessica Barnard, Benedette van Tonder, Marissa Ehlers en Anlia Marais wat besonders talentvol is.

Hierdie leerders se kunswerke is uit sowat 4200 inskrywings gekies vir die Santam-uitstalling.  Hulle elkeen gaan ‘n sertifikaat en goue medalje ontvang.  Kom ons hou duimvas dat van die kunswerke in die Santam se kinderkuns kalender sal verskyn. Knap gedaan!