Die Graad R’e het hulle jaarlikse bokse-dag gehad. Elke maatjie het hulle huis self by die huis gebou.  Dit bevorder kreatiwiteit en sosiale-ontwikkeling tussen kind en ouer. Daar was van paleise, grotte, koei-stalle, paddastoele en droomhuise. Elke huis uniek en spesiaal vir sy eienaar. Vet pret!