Die Graad Re vier hulle jaarlikse Mandeladag altyd op ‘n baie spesiale manier. Al die “tweede-mammas” van die Graad Re word na hierdie spesiale dag uitgenooi. Hulle is van kop tot toon bederf met tee, koffie, koek, ‘n kleurvolle kombers en smul-lekker eetgoed. Baie dankie vir die juffrouens en gasvrouens wat die dag spesiale gemaak het.