Fichies spog met drie leerders wat die een toekenning na die ander een verower.  Henru Walters (9), Jano Stone (9) en Tiaan Louw (6) blink uit met hulle deelname in die 0/11 Vrystaatspan.

Henru Walters is tans vierde in die 0/11 Vrystaatspan.

Jano Stone (9) wat tans derde in die 0/11 Vrystaatspan is, was eerste tydens die Bethlehem Junior open.

Tiaan Louw (6) is tans negende in die 0/11 Vrysaatspan.  Hy het aan die Junior Africa Challenge van SA kids in San Lameer (Natal) deelgeneem.  Hy was algeheel tweede in sy ouderdomsgroep en om alles te kroon is hy een van vyf spelers wat dit reggekry het om ‘n “eagle” te slaan.

Knap gedaan met julle puik prestasies.