Eric le Roux  (foto bo) neem die afgelope week deel aan die Free State Aquatic Champs en behaal die volgende plekke: Goud-1500m vryslag (15j&ouer).Goud 400m vryslag en 200m vlinderslag, Silwer in die 200m vryslag en Brons in die 200m IM en 100m vlinderslag(15j).

Opewater swem

Lizaan Erwee algehele wenner op Goudveld Multi sport ope water 1500m swem te Allemanskraaldam. Pieter Jacobs en WJ Hattingh algeheel eerste en derde op in die 3000m ope water swem. Janko Breytenbach, Rene Shannon, Benje Rossouw, Carla Fourie en Jana Michau het ook aan die Multi sport ope water swem events deelgeneem en puik gevaar!