Elizabeth Olivier, ‘n graad 12 leerder van Hoërskool Sentraal, is gekies om aan die Olimpiese Winterjeugspele in Noorweë deel te neem. Sy is die enigste persoon wat Suid-Afrika gaan verteenwoordig.

Elizabeth het verlede jaar op die Suid-Afrikaanse ski-byeenkoms die nasionale o/18 en o/21 afdelings gewen.

Sy gaan Suid-Afrika verteenwoordig in die slalom en en groot-slalom items.

Hoërskool Sentraal is baie trots op haar en wens haar sterkte toe met haar deelname aan die spele.