Die Kyknet program Skole Kook van GROOT ontbyt het vandag by Rooiskool kom kuier. Die vier gasvryheidstudieleerders o.l.v. Mev. Suzelle Strydom het in spanne van 2 meegeding om vleispasteie voor te berei.  

Die Nasionale kookkompetisie word vir gr.12-leerders aangebied. 4 Provinsies nl. Wes-Kaap, Gauteng, Mpumalanga en Vrystaat neem deel aan die kompetisie. 8 skole per provinsie neem deel en daar is twee semi-finale en ‘n finale rondte. Elke skool gaan deur na ‘n semi-finale rondte. 

Deelnemers van Rooiskool is Juvan Beyers, Tharien Lehmkuhl, Jesse Janse van Vuuren en Lurika de Jager. 

Die program word op GROOT ontbyt op 9 Augustus 2017 op kanaal 144 en 145 uitgesaai met ‘n herhaling om 09:20 op kanaal 145. 

Die aanbieder van die program is die bekende Tiaan Langenegger medewenner van die Kokkedoor-faam.

 

Foto: 

Sjef Selwyn October van Institute of Culinary Arts Stellenbosch (beoordeelaar), Elmari Louw van Feedom Spyniering (beoordeelaar), mev. Suzelle Strydom Gasvryheidstudieonderwyseres Rooiskool en Tiaan Langenegger (aanbieder en mede-wenenr Kokkedoor)