Die junior- en senior kore van Laerskool Truida Kestell op Bethlehem het die vonke behoorlik laat spat op die Harrismith kunswedstryd. Die junior koor ontvang ‘n A++ simbool. Die senoir koor slaag vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar daarin om as die beste laerskool koor aangewys te word. Hierdie skool doen gestand aan sy reputasie as die nommer een skool in die Oos Vrystaat.