Die 0/13A hokkiespan van Welkom Volkskool is voorwaar ‘n span wat dopgehou moet word. Hierdie hokkiespan het gedurende 2017 hokkieseisoen gewys wat in hulle steek en nie net Lejweleputswa liga gewen nie, maar so ook die Griffon liga. Hulle was ook die algehele wenners van die Welkom Volkskool hokkiedag wat vroeër in hierdie kwartaal aangebied is.

Hierdie spannetjie is nog baie jonk, maar het reeds gewys dat hulle harde werk, deursettingsvermoë en liefde vir die sport nie onderskat moet word nie.

Hierdie meisies sal op 16 September 2017 aan verdere uitspele deelneem om te bepaal wie die Noord-Vrystaat wenners is.

Ons as Welkom Volkskool is voorwaar torts op hulle en wil hulle graag sterkte toewens vir die naweek wat voorlê.

Voor:  Tamryn Swartz

Middel vlnr:  Minke van Wyk, Kristen Weyers, Charmaine Coetzee en Kay-Lee Hall.

Agter vlnr:  Cay-Lee Roets, Levi Oehley,  Mienke Nieuwenhuis,  Megan Wepener,  Marida Scheepers,  Franzel de Jongh,  Danika Smit,  Mej. Marisa Steyn (afrigter), Ashley du Toi ten Mej. Lené Boshoff (Afrigter).