o.19-MEISIEKRIEKETSPELER VAN DIE JAAR

Delmari Hoffman, graad 12-leerder van Hoërskool Hennenman is deur die Vrystaat Krieketunie aangewys as die o.19-meisiespeler van die jaar vir die seisoen 2016/2017. Sy het tydens die Nasionale week in Pretoria gedurende Desember 2016 ‘n totaal van 292 lopies geslaan. Haar lopietempo (strike rate) vir die week in T20-wedstryde was 161.47 en 184.13 in die 50-over wedstryde. Sy het ook in drie wedstryde haar vyftigtal behaal (71*, 53* en 80) en was ook in drie wedstryde nie uit nie. Sy was ook die kaptein van die Vrystaat o.19-meisiespan in die 50-over wedstryde.