Gedurende die vakansie  neem  Cullen Thomas, leerder van Hoërskool Sentraal deel aan die Sasol Nasionale Winterkampioenskappe in Sasolburg van 3 – 8 Julie 2017:

Hy neem deel in die ope afdeling (17 jaar en ouer) waar hy die volgende prestasies behaal.

200m Rugslag – 1ste

50m Vryslag Aflos – 1ste

200m Individuele Wisselslag – 1ste

100m Rugslag – 2de

100m Borsslag – 2de

200m Borsslag – 2de

400m Individuele Wisselslag – 2de

50m Wisselslag Aflos – 2de

50m Vlinderslag – 3de

100m Vryslag – 3de

Cullen word verkies- en ontvang die trofee vir die Senior Victor Ludorum tydens die kampioenskappe.